OPVOLG: Boer wat vlamme help blus se toestand verswak

BLOEMFONTUIN. – Tewie Nel (28), ’n jong boer, is op 20 Oktober in die hoësorgeenheid van Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein opgeneem.

Dit volg nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het toe hy probeer het om die brand in die Hertzogville-omgewing onder beheer te kry. ’n Familielid het intussen gesê Tewie se toestand het verswak.

Terug op die ventilator

“Hy het Saterdagaand ’n hartstilstand gehad,” sê sy. Volgens haar was Tewie vanoggend weer in die teater, maar is reeds uit. Tewie se pa, Gerhard Nel, het aan haar gesê Tewie se wonde lyk nie goed nie. “Hy is ook weer terug op die ventilator.”

In die boodskap wat aan die familielid gestuur is staan daar die familie sit dag en nag by Tewie, langs sy bed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *