February 28, 2021

K-woord leuenaars se lot Vrydag beklink

Die twee adjudant-offisiere van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Sedisa Tikoe en Chris Mphana, wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte, insluitende crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding, sal op 23 Oktober om 11:00 in die Klerksdorpse streekhof op Stilfontein gevonnis word. Dit volg nadat strafverswarende en -versagtende getuienis op 21 Oktober aangehoor is.
 
Die twee SAPD-lede is skuldig bevind op strafregtelike aanklagte nadat hulle kollega, luitenant-kolonel Annemarie Oosthuizen, regstappe geneem het toe hulle haar daarvan beskuldig het dat sy hulle die k-woord toegesnou het. Dit was nadat sy ’n dissiplinêre proses teen hulle begin het omdat hulle sonder toestemming nie opgedaag het vir werk nie.
 
“Hierdie vonnis is ’n bewys dat rassisme en veral vals klagtes van rassisme nie geduld sal word nie en dat oortreders aan die pen sal ry vir hierdie misdrywe. Dat die saak nou afgehandel word, is nie net ’n groot verligting nie, maar ook ’n groot oorwinning, nie net vir luitenant-kolonel Oosthuizen en Solidariteit nie, maar vir elkeen wat teen rassisme staan,” sê Renate Barnard van die openbare sektor by Solidariteit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: