February 28, 2021

Pa brand glo huis af, hy en dogters dood

LIMPOPO. – ’n Pa (51) en sy twee dogters van onderskeidelik nege en dertien jaar oud is dood nadat hy glo die gesin se huis aan die brand gesteek het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek twee aanklagtes van moord nadat die man gister omstreeks 07:00 saam met sy twee dogters in hul huis in die Nkowankowa-gemeenskap doodgebrand het.

“Daar word vermoed die pa het die huis met ’n baie vlambare stof aan die brand gesteek.”

“Die bure het na bewering gesien hoe die huis in vlamme gehul is en het oor die muur gespring in ’n  poging om die inwoners te red. Hulle het toe een van die vensters gebreek om binne te kom, en daarin geslaag om die pa, wat al aan rookinaseming gely het, te red. Hy is op die toneel dood. Die intense brand en rook het die bure uitgedwing.”

“Die polisie en noodpersoneel sowel as brandweermanne is onmiddellik na die toneel ontbied en nadat die brand geblus is, is die verbrande lyke van die twee kinders in afsonderlike kamers gevind.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: