Baba op vliegtuig gebore

Foto: Twitter

’n Babadogtertjie wat op EgyptAir gebore is, kan nou vir die res van haar lewe verniet met dié vliegtuie vlieg.

Hiyam Nasr Naji Daaban was op ’n vlug van Londen na Kaïro toe sy besef het sy is besig om te begin kraam. Die vlieënier het besluit om ’n noodlanding te doen om betyds by ’n hospitaal te kon uitkom.

Ten spyte van die moeite om te probeer om by ’n hospitaal uit te kom, is die babadogtertjie in die lug gebore.

Gelukkig was daar ’n dokter op die vliegtuig wat met die bevalling kon help.

Rushdi Zakaria, die vlieënier, het toe later die pasiënt gelukgewens en aangekondig die babadogtertjie sal vir die res van haar lewe verniet saam met EgyptAir kan vlieg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *