September 28, 2020

‘Daar is niks meer wat ons vir Janique (2) kan doen nie’

Hierdie is die woorde wat Janique Venter (2) se ma, Nadine, en haar verloofde moes hoor nadat hulle dogtertjie al vanaf vyf maande oud teen neuroblastomekanker (graad drie) veg.

Op 5 maande het Janique ’n knop aan die regterkant van haar nek ontwikkel. Dit was eers as pampoentjies gediagnoseer en behandel. Nadine sê nadat dit nie wou verdwyn nie is hulle na ’n professor in Bloemfontein verwys waar dié kanker by haar gediagnoseer is. Sy het dadelik met chemoterapie begin.

Voor haar tweede verjaarsdag het haar toestand begin vererger. As gevolg van die gewas wat op haar lugpyp druk, kon sy nie meer asemhaal nie en ’n tragee moes in haar keel ingesit word. Dis toe dokters bevestig die gewas is 20% groter.

“Alhoewel die dokter sê die chemoterapie en behandeling werk nie meer nie, gee ons steeds haar medikasie. Dit laat die gewas bietjie stadiger groei.”

Na baie navorsing het Nadine op ’n dokter in Houstan, Texas, afgekom na wie toe hulle Janique wil neem vir Antineoplaston IV-behandeling (ANP). Nadine sê met ’n swaar hart hulle het reeds die R21 125 Skype-konsultasie fooi van die dokter betaal. In die konsultasie sal hulle behandeling en die pad vorentoe bespreek.

Nadine klink steeds vol moed en is gereed om hierdie siekte saam met klein Janique te beveg. Sy het haar hele lewe vir haar dogtertjie gegee en bly dus by die huis deur die dag om Janique te versorg.

Die geld kom uit ’n fondsinsameling wat hulle op die Facebook-blad Hulp en Gebede vir prinses Janique gestig het. Die fonds het Augustus op R51 000 gestaan.

Bankbesonderhede:
Greyvenstein & Spences Attorney
FNB Barkley East
Tak kode: 210220
Rekening nommer: 51611788098

Volg Find-it hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: