September 23, 2021

Seun skok dood toe hy op kragdraad trap

Foto: Lab Manager

’n Seuntjie (8) is doodgeskok nadat hy op 12 September op ’n kragdraad getrap het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die seun en ’n maatjie het om ongeveer 16:00 in die bosse by Kingstown naby Despatch gespeel toe die voorval plaasgevind het. Gemeenskapslede het toe skielik ’n gil gehoor.

Die ander kind het toe uit die bosse gehardloop gekom en gesê dat die seun op ’n kragdraad getrap het. Hy is na ’n hospitaal geneem waar hy dadelik dood verklaar is.

Die polisie het ’n doodsondersoek begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *