Gruwelike details oor Hartswater-moorde is vals, sê polisie

Vals gerugte van hoe die Brand-gesin van Hartswater vermoor is, is op sosiale media versprei. Dít volg kort na die vyf verdagtes in die hof op Hartswater verskyn het.

Een van die gerugte sê dat een van die slagoffers se oë verwyder is, haar borste afgesny is en sy herhaaldelik verkrag is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê hierdie gerugte is nie waar nie.

“Ons neem met ernstige kommer kennis van die gerugte oor die grusame moorde op Hartswater,” sê hy. “Die gerugte dat een van die slagoffers se oë verwyder is, haar borste afgesny en sy herhaaldelik verkrag is, word deur die nadoodse ondersoek verkeerd bewys.”

Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18), die vyf verdagtes wat in verband met die moorde in hegtenis geneem is, verskyn op 13 Augustus weer in die hof.

“Ons doen ‘n ernstige beroep op die gemeenskappe en publiek om nie vals inligting oor die moorde te versprei nie,” sê Ramatseba. “Hierdie vals gerugte traumatiseer die gemeenskap en familie van die slagoffers verder.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: