Vetkoekfrikadelle – Resep

Bestanddele:

1 bol gekoopte deeg
500 g maalvleis
2 snye fyngemaalde bruinbrood
Sout, peper & speserye na smaak
1 k Cheddar of Mozarella
2 eiers

Metode:

Meng die maalvleis, speserye, eiers en brood saam. Rol die vleis dan in ‘n balletjie met ‘n stukkie kaas aan die binnekant. Braai die balletjies in ‘n pan net tot dit ligbruin raak en laat dit afkoel. Neem nou die deeg, rol dit plat en sny dit in groot genoeg stukke om die vleisballetjies daarin toe te draai. Draai die vleisballetjies dan daarin toe en diepbraai dit in olie tot dit bruin is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: