Sekuriteitswag verdwyn skoonveld

Foto: Noah Nemaunga word sedert verlede Dinsdag vermis.

KIMBERLEY. – Een van Scorp Security se sekuriteitswagte word al ’n week lank vermis.

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê hy is baie bekommerd. “Ons het nog niks van die wag, Noah Nemaunga, gehoor nie. Sy familie is ook baie bekommerd. Ons het al die hospitale gebel en ook probeer uitvind of daar nie iets by die polisie oor ‘n persoon wat gevind is, aangemeld is nie.”

Talent Bulayane Dube, ’n familielid van die vermiste Nemaunga, sê hulle het nog niks weer van hom gehoor nie. Sy het op Facebook ‘n plasing gemaak waar sy vra dat mense op die uitkyk moet wees vir hom.

Coetzee sê die beheerkamer het Dinsdag laas kontak met hom gehad. “Hy sou reguit na die perseel gaan waar hy moes aanmeld vir werk. Die perseel is ongeveer 3km buite Kimberley. Hy sou op sy fiets wees en sy Scorp Security-uniform aangehad het.”

Coetzee sê Nemaunga het nie Dinsdagaand by die beheerkamer aangemeld om vir diens te rapporteer nie. “Ons bestuurder kon hom ook nie op sy selfoon in die hande kry nie. Ons bestuurder het toe uitgery en gaan kyk waar hy is. Ons het besef hy het nie opgedaag vir werk nie.”

Nemaunga se Whatsapp-status wys hy was laas Dinsdag, 16 Junie, 2020, om 17:50 aanlyn.

As enigiemand iets weet van waar Nemaunga hom bevind, kan hulle Tsano Nemaunga by 061 096 9822 bel.

FiND iT het ‘n navraag by die polisie ingesit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: