Ongehoorsame taxi’s moet gestop word om die verspreiding van die koronavirus stop te sit

Argief.

Taxis in die Noord-Kaap, wat nie voldoen aan inperkingsregulasies nie, hou ‘n ernstige bedreiging in vir pogings om die verspreiding van die koronavirus te bekamp. Daarom het die Demokratiese Alliansie ‘n beroep op die LUR van vervoer, veiligheid en skakeling, Nontobeko Vilakazi, gedoen om gesondheid- en veiligheidsregulasies op die taxi bedryf af te dwing.

Fawzia Rhoda, provinsiale woordvoerder vir die DA: finansies, sê die DA het klagtes ontvang van passasiers in die omgewing van Kimberley, wat vir hul veiligheid vrees as gevolg van moontlike blootstelling aan die koronavirus wanneer hulle in minibustaxis ry.

“Volgens een pendelaar, voldoen die taxis waarin sy gereeld vanaf Roodepan na die middestad reis, glad nie aan die regulasies nie. Die taxis is volgepak en in sommige gevalle selfs oorlaai, met reisigers wat emmerstoele in die gangetjie gebruik. Dit gebeur ondanks regulasies wat bepaal dat taxis slegs 70% vol moet wees. Sy het gesê dat selfs al is die taxis net 70% vol waneer hulle van die taxistaanplekke weg trek, raak hulle vinnig oorvol omdat hulle addisionele mense langs die pad op tel.

“Sy het het aangedui dat, terwyl daar borde in taxi’s verskyn, wat daarop dui dat alle passasiers maskers binne taxis moet dra, dit nie deur taxibestuurders afgedwing word nie. Sy het ook gesê dat reinigers oor die algemeen nie aan boord gevind word nie, en as dit wel daar is, word dit nie gebruik nie.”

Benewens die bogenoemde klagtes, is daar ook kommer dat korrekte afstande nie by alle staanplekke gehandhaaf word nie. Dit is ook onduidelik hoe gereeld taxibestuurders die binnekant van hul voertuie ontsmet.

Rhoda sê die bogenoemde is baie kommerwekkend, aangesien jonk sowel as oud, insluitend leerders wat na skole teruggekeer, sowel as mense met komorbiditeite, dieselfde vervoer gebruik.

“Die DA neem verder kennis van die waarnemings van een passasier wie aangedui het dat die taxi’s waarin sy al gereis het, nie sedert die verslapping van die inperkingsregulasies, deur verkeersbeamptes gestop is om seker te maak dat hulle aan vervoervereistes voldoen nie. Sy sệ verder dat sy eintlik geen verkeersbeamptes op die pad of by taxistaanplekke opgelet het nie.

“Alhoewel die DA bewus is daarvan dat die provinsiale en munisipale verkeersmag baie onderbeman is, is dit nie ‘n geldige rede vir die onsigbaarheid van verkeersbeamptes op ons paaie nie.”

Aangesien baie mense wie van taxis gebruik maak, bang is om amptelike klagtes te maak uit vrees vir viktimisasie, beveel die DA aan dat ‘n hulplyn opgestel moet word sodat passasiers die taxis aan die owerhede kan rapporteer.

Dit word toenemend belangrik dat taxis wat nie gehoorsaam is nie, meer as net ‘n ligte waarskuwing ontvang voordat hullle weer op ons paaie toegelaat word. Harde straf is nodig om nalatige taxibestuurders se houdings te verander sodat hulle die welstand van hul passasiers kan prioritiseer.

Dit is belangrik dat  alle pogings daarop gemik moet wees om die verspreiding van die koronavirus te stop tydens die pandemie. Dit vereis ‘n gesamentlike benadering van alle sektore en hang veral van die steun van die vervoerbedryf af.

*Persverklaring

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: