September 24, 2021

Covid-19-regulasies: DHS volstoom aan die gang

Foto: Facebook (DHS)

KIMBERLEY – By Hoërskool Diamantveld hang die reuk van ontsmettingsmiddels skerp in die lug en as jy fyn luister is die klank van digitale koorsmeters op die skoolgrond hoorbaar. “Het jy ‘n droë hoes? Sukkel jy met kortasem?”

Hoërskool Diamantveld in Kimberley se leerlinge is vanoggend almal deur die prosedure om te verseker dat die verspreiding van Covid-19 nié sommer hier sal plaasvind nie.

Sosiale distansiëring word ook uitgeoefen en leerlinge dra die verpligte maskers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *