Orania-meisie (12) vermis

ORANIA – Bernice Chomse (12) het gister hier vermis geraak. Bernice het glo gistermiddag omstreeks 15:00 saam met n vriendin weggeloop.

Chelly Chomse, Bernice se pa, sê hy het haar gisteroggend 07:50 by die skool afgelaai en haar nie weer gesien nie. “Sy en ’n vriendin het haar boeke in die vriendin se tas gedruk en die tas by die skool gelos. Hulle het glo hulle hare ’n undercut gesny en swart gekleur.”

“Sy het laaste ’n camo-broek, groen Springbok-hemp en ’n grys trui met ’n kappie aangehad. Die vriendin het ook ’n camo-broek en blou trui met ’n kappie aangehad. Hulle is glo op pad Hopetown en dan Pretoria toe.”

Die meisies is laas gesien waar hulle omstreeks 15:00 15 km buite Orania geloop het.

Bernice is 1.73 meter lank en behoort ’n blou camo-rugsak by haar te hê. Daar is nie in hierdie stadium enige inligting oor die ander meisie beskikbaar nie.

Enigiemand met inligting kan vir Chelly Chomse by 064 456 4600 skakel.

Lees meer op FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *