August 4, 2021

Goeie nuus: SA’ners uit Wuhan keer weer huiswaarts

Die Suid-Afrikaners wat met die uitbraak van Covid-19 in Wuhan, China gestrand was, is na Suid-Afrika teruggevlieg. Die groep was vir die afgelope 21 dae op ’n afgeleë plek in kwarantyn gehou. Hulle is gemonitor om seker te maak geeneen van hulle het die koronavirus onder lede nie. Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het vandag op sy Twitter-profiel bekendgemaak die Suid-Afrikaners is almal weer na die isolasie-tydperk getoets. Almal se toetsuitslae was negatief en almal kan dus na hulle huise terugkeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *