Gebid en oorwinning: Covid-19 pasiënt in Mediclinic Gariep

Dries Delport, van die plaas Sterkstroom buite Boshof, het ’n boodskap vir die gemeenskap.

Delport het gister sy uitslae vir sy toets vir Covid-19 ontvang. Hy was reeds vyf dae in die hospitaal toe hy die uitslae gekry het wat wys hy is positief.

Denise Coetzee, woordvoerder van die Mediclinic Gariep, sê Delport was sedert dag 1 in isolasie.

Delport sê dit voel of hy ’n slegte bronchitis gehad het. Hy voel nou beter. Sy vrou, Daleen, self-isoleer op die plaas.

Delport sê wat vir hom die slegste is dat hy met ander mense in aanraking was voordat hy hospitaal toe is.

“Hierdie stryd is nie net in die vlees nie. Dis in die gees ook.”

Voordat hulle weg is by die huis om hom hospitaal toe te neem, het hy en sy gesin saam gebid.

“Voor ons weg is het ons gegaan en nagmaal gebruik. Ek en my vrou en my kind. Ons het gebid en net daarna is dit asof daar ’n oorwinning gekom het.”

Luister sy stemboodskap hier wat deur Coetzee in die hospitaal opgeneem is:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: