Eerste twee sterftes van Covid-19 in SA

Twee persone oorlede van Covid-19 in SA

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het vanoggend in ’n persverklaring bevestig twee persone in Suid-Afrika is as gevolg van Covid-19 oorlede.

Albei sterftes is in die Wes-Kaap. Mkhize sê die een sterfte was in ’n privaathospitaal en die ander in ’n staatshospitaal.

“Ons sal later meer inligting in verband met die sterftes bekendmaak. Ons sal ook later die amptelike hoeveelheid gevalle aankondig. Die gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika het reeds ’n 1000 bereik.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: