DBV benodig hulp

KIMBERLEY – Het jy al gewonder wat van al die diere by die DBV gaan word gedurende hierdie isolasie-tydperk?

Die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley het besluit om sommige werknemers by die DBV te laat bly om in die volgende drie weke na die diere om te sien.

Die Dierebeskermingsvereniging het egter nie al die meubels wat sou nodig wees vir die werknemers om vir 21 dae daar te bly nie.

Die DBV het in die afgelope twee dae ’n paar skenkings ontvang, maar het steeds dringend ’n yskas, ‘n mikrogolfoond en twee enkelbeddens nodig, selfs om net te leen. Mario van der Westhuizen van die DBV in Kimberley sê enige kos, toiletware of ander donasies vir die diere óf die werknemers, sal waardeer word.

Kontak vir Althea by 082 932 9182 indien jy meer wil weet of donasies wil maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: