SPU-studenteraad se omsendbrief

KIMBERLEY – Die studente aan die Sol Plaatje-universiteit het op 13 Februarie 2020 begin staak. In die omsendbrief wat die studenteraad uitgereik het, word die eise van die studente uiteengesit.

Die omsendbrief lui as volg:

Die studenteraad erken die interdik wat die universiteit teen die studente van die hooggeregshof ontvang het.

Die studenteraad wil almal bedank wat standvastig is in die stryd en ook vir die dissipline wat studente getoon het na die nuus van die skorsing van hul president en adjunk-sekretaris ontvang is.

Hieronder volg die gronde van die studenteraad rakende die skorsing van die studenteraadslede en die eise van studente:

  1. Die studenteraad bly aan die eise van die studente lojaal en toegewyd.
  2. Die studenteraad wag nog op die regsreaksie rakende die skorsings om verdere viktimisasie van studente te voorkom.
  3. Die studenteraad erken dat daar nie aan die eise van die studente voldoen word nie en die bestuur is onkundig oor die probleme wat studente raak.
  4. Die studente word aangemoedig om die stryd van die SPU-gemeenskap te ondersteun.
  5. Die studenteraad doen ’n beroep op alle studente om klasse te boikot om lojaliteit aan die studenteraad-president en adjunk-sekretaris te toon.
  6. Die studenteraad neem verder kennis van die onkunde en arrogansie van die senior bestuurspan teenoor die studente van die SPU deur studente in hegtenis te neem.
  7. Die studenteraad erken en waardeer verder die oorweldigende ondersteuning van studente op sosiale media en op die terrein.
  8. Studenteraadslede doen ’n beroep op studente om teen enige eksterne invloed soos politieke partye, vakbonde, sakelui en misdadigers wat voordeel wil trek uit ’n opregte stryd van studente waaksaam te wees.
  9. Laastens, die studenteraad veroordeel enige vorm van geweld teenoor ander studente, universiteitswerknemers en die beskadiging van universiteitseiendom.

Die studenteraad sal binnekort met die studente oor die pad vorentoe kommunikeer.

Studenteraadslede is besig om die hofbevel en die skorsing te bestudeer. Hulle doen ’n beroep op alle studente om die wet te eerbiedig en die hofbevel na te kom. Hulle pleit ook dat studente enige vorm van uitlokking van die bestuur en die polisie in hierdie stryd ignoreer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: