Eerste skooldag


Opgewonde leerders is gereed om môre graad 1 toe te gaan. Hier is ’n paar van die Noord-Kaap se graad 1’s wat nie meer kan wag vir die skool om te begin nie.

Teri-Lynn Ferris se seuntjie, Mi-Lynn (6), is baie opgewonde vir sy eerste skooldag. Hy gaan St Patrick’s CBC toe sien die meeste daarna uit om met die blokkies te speel.


Lorinda Russouw se dogter, Michke (6), gaan ook graad 1 toe. Michke sê sy “tel die slapies af” en sy kan nie wag vir more nie. Sy gaan na Christiana Gekombineerde Skool.


Renè Kock se seuntjie, Divan (6), sien uit vir sy eerste skooldag. Hy kan nie wag om weer met sy maatjies, by Laerskool Eureka, te speel nie.

Berdine Keulder se seuntjie, Hendri (6), sê hy gaan na die “groot skool toe.” Hy gaan in Prieska skoolgaan en is baie bly om uiteindelik sy nuwe juffrou te ontmoet.

Hoe voel jou kind oor hul eerste dag in graad 1? Stuur vir ons ‘n foto van jou kind in hul skoolklere na nuus@find-it.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: