POS BESKIKBAAR: Pakhuisbestuurder-pos beskikbaar by Wildeklawer

Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, verbou en verpak aartappels, uie, wortels, beet en graangewasse volgens internasionale standaarde met tegnologies gevorderde toerusting en fasiliteite, vir beide die plaaslike en uitvoermark. Wildeklawer is weens spilpuntbesproeiing op vrugbare hoë potensiaalgrond langs beide die Vaal- en Oranjerivier ‘n groen oase met sy hoofkantoor digby Kimberley.

Pakhuisbestuurder: Aartappels en Uie: Verpakking en Verwerking.
Die pos behels:

  • Verpak uie en aartappels aan sleutelkliente en-markte in een van die mees gesofistikeerde pakhuise;
  • Spesifiek verantwoordelikheid neem vir die hoë-stoor droging en bergingsfasiliteit;
  • Bestuur van die voorkomende instandhoudingsprogram;
  • Die pakhuis sal in die toekoms opgegradeer word en die geskikte kandidaat moet help met die beplanning daarvan;
  • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, prosesse, en finansies vir maksimale winsgewendheid in die verpakking en prosessering van produkte;
  • Die bestuur van personeel ten einde ‘n goed gemotiveerde span daar te stel en te behou;
  • Kwaliteitsbestuur van inkomende en uitgaande produk.

Die geskikte kandidaat moet beskik oor:

  • ‘n Toepaslike graad in Algemene of Pakhuisbestuur of ‘n tegniese kwalifikasie;
  • Die geskikte kandidaat moet oor ‘n tegniese aanvoeling beskik;
  • Ten minste 6 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur volledige CV aan: marius@wildeklawer.com
Navrae: Juandre Brand: 053-5319700
Sluitingsdatum: 24 Januarie 2020

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: