November 30, 2020

Twee kinders deur mans by vulstasie aangeval

KWAZULU-NATAL – ’n Aanval op twee jong seuns in Richardsbaai is gister om 14:25 op ’n vulstasie se sekuriteitskamers opgeneem.

Christine le Roux, die ma van die twee seuns, het die video op haar Facebook-profiel gedeel.

Seun probeer vlug

In die video kan Le Roux se jongste seun gesien word waar hy in ’n geriefswinkel rondskarrel om van ’n man af weg te kom. ’n Tweede man kom vanuit ’n ander deel van die winkel en blokkeer die uitgang.

Die man wat die ingang geblok het, het die seun se arm gegryp terwyl die ander hom die vinger gewys het. Op daardie oomblik het die seun se ouer broer ingestap en gesien die man het sy broer in ’n greep beet. 

Die ouer seun het die man aan sy skouer gegryp om die man se greep te breek. Die man het toe die ouer broer gegryp terwyl die ander hom geklap het.

’n Werker by die winkel het eers later opgedaag en ingegryp.

Kinders geteiken

Volgens Le Roux het haar seun bang geraak nadat die man met hom wou bly praat. 

“Ons jongste seun sê die een man het bly met hom gepraat en hy’t bang geraak en toe het hulle hom vasgevang. Ouboet het net daarna ingestap en probeer help en is toe aangeval.”

Le Roux sê sy glo hulle het haar seun geteiken omdat hy alleen in die winkel was.

“Toe die man by my seun kom, het hy geskree: ‘Los my uit.’ Toe sê die man vir my seun: ‘Jy vloek my’.”

“Die mense en my seun sê hy het nie eers met die man gepraat nie. Ek weet nie of hulle lekker kry om sulke goed te doen nie of wat die rede is nie. Maar wat ook al hulle rede was, dis nie aanvaarbaar wat hulle gedoen het nie. Dis siek, man,” sluit Le Roux af.

FiND iT het navraag by die woordvoerder van die polisie KwaZulu-Natal gedoen.

1 thought on “Twee kinders deur mans by vulstasie aangeval

  1. Daardie goed kan God dank dis nie my kinders, of dat ek daar was nie. Want ek sal hulle vir die res van hulle useless lewens in n rolstoel in B+++M

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *