Tafel Lager Griekwa-spelers vereer vir goeie seisoen

SALDANHA, SOUTH AFRICA - JUNE 23: a view of Tafel Lager Griquas players receiving gold medals after winning the final during the SuperSport Rugby Challenge, final match between iSG Pumas and Tafel Lager Griquas at Saldanha Sports Stadium on June 23, 2019 in Saldanha, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

KIMBERLEY. – Tafel Lager Griekwas het vanoggend tydens ’n spesiale ontbyt sy spelers vir die 2019-seisoen vereer.  Hierdie jaar se rugbyseisoen kon nie op ’n beter noot begin het deur die span wat koning gekraai het as SuperSport-kampioene nie. 

Alhoewel die span vroeër in die reeks vasgeval het teen ’n begeesterde Puma-span, het dit eintlik maar net die weg gebaan vir ’n soeter oorwinning teen die einste span in die finaal. 

Die wedstryd, wat op Saldanha plaasgevind het, was ’n effense antiklimaks  voor ’n skare wat nie juis ’n belang by een van die spanne het nie.  Griekwas was van meet af baas en is uiteindelik gekroon as die eerste wenners van die SuperSport-uitdaagbeker. Die eindtelling was 28 – 13.  

Intussen word daar gegis dat die toernooi dalk meer van ’n amateur-kompetisie in die toekoms behoort te wees, terwyl  ondersteuners graag  hulle plaaslike span op eie bodem in ’n finaal sal wil sien.

Met die Currie Beker in oënskou was Griekwas reeds goed op dreef en watse droomjaar was dit nie! Die sogenaamde groter unies het vinnig notisie geneem van Griekwas met oorwinnings oor die Haaie XV, die Bulle en die WP.  Ongelukkig was die span se grootste vyand homself en in die proses was die grootste tuisskare in ’n lang tyd van ’n tuis semi-finaal ontneem teen die Leeus wat twee naweke in ’n ry net te sterk was vir die span van Kimberley. 

Griekwas het eers tuis met ’n punt 27 – 26 verloor en ’n week later op Emirates Park in Johannesburg tydens die semi-finaal met 34 – 19 ’n pakslae gekry.

Wanneer ons die seisoen in oënskou neem, is Scott Mathie, wat intussen as plaasvervanger vir Brent Janse van Rensburg aangestel is, tevrede met wat die span hierdie jaar bereik het. Ons kon met baie min, baie ver kom en hierdie is juis die fondasie waarop ons volgende jaar se span laat bou.

Spelers wat vir hulle uitnemendheid hierdie jaar vereer is, is soos volg:            

Speler wat die meeste ontwikkel het – Zak Burger                                        

Voorspeler van die jaar – Victor Kutlwano Sekekete

Agterspeler van die jaar – Andre Swarts (tans in Narbonne, Frankryk)

Spelers se speler van die jaar – Anthony Volmink (tans speel hy die Pro14)

Tafel Lager Griekwa Speler van die jaar – George Whitehead

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: