Ongeluk naby Perdeberg – N8

PERDEBERG. – ’n Motor het sowat 10:50 naby Perdeberg, op die N8, gerol.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, sê hulle is nog onseker wat die ongeluk veroorsaak het.

“’n Man en Vrou, albei in hulle twintigs, was in die motor ten tyde van die ongeluk. Die man het sy arm gebreek, maar geen ernstige beserings is opgedoen nie.”

Die motor is nog nie verwyder nie, so weer asseblief versigtig indien julle in daardie gebied is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *