April 18, 2021

Zack du Plessis as legende gehuldig

Foto: dailyvoice.co.za

SUID-AFRIKA. – Zack du Plessis, grapmaker en akteur van Kiepie en Kandas, Vetkoekpaleis en soveel meer reekse en flieks, gaan in die Suid-Afrikaanse Legendes Museum as legende gehuldig word.

Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum het hierdie nuus op hulle Facebook-blad bekend gemaak.

Die bekende Magda van Biljon, wat getroud was met Du Plessis, is tans besig om sy biografie klaar te skryf.

Zack is op 15 Junie 2011 op die ouderdom van 61 oorlede.

Foto: teeveetee.blogpost.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: