Paartjie wat by KFC verloof raak, is gevind

KIMBERLEY – ’n Paartjie wat by ’n KFC verloof geraak het, is opgespoor nadat ’n soektog begin is toe ’n video daarvan soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het.

Volgens SowetanLIVE is die paartjie ’n paar uur nadat KFC die soektog begin het, opgespoor en gaan die troue asemrowend wees.

“Suid-Afrika, julle is ongelooflik! Ons het die pragtige paartjie gevind. Ons ontmoet Bhut ‘Hector en sy lieflike bruid Nonhlanhla. Ons sal julle op hoogte hou,” het KFC op Twitterblad geskryf.

Refilwe Ntuku, KFC se woordvoerder, het aan TimesLIVE gesê hulle beplan iets spesiaal vir die gelukkige paartjie.

Verskeie handelsmerke het glo donasies, onder andere brandstof, geld en drinkgoed vir die troue belowe.

Zakes Bantwini, ’n musikant, het aangebied om by die troue op te tree, terwyl DJ Fresh musiektoerusting vir die onthaal beskikbaar gestel het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: