T20-krieketspan is aangekondig!

Foto: Indiamart.com

KIMBERLEY. – Die 13 spelers van die Noord-Kaapse span wat aan die T20-krieketkompetisie gaan deelneem, is aangekondig!

Die kompetisie vind vanaf 13 tot 15 September 2019 plaas.

Hoofafrigter is gelukkig

JP Triegaardt, hoofafrigter, sê hy is gelukkig met die mengsel van jeug en ervaring in hierdie span. “Ons is ook bly om Clyde Fortuin, Andrew Louw en Beyers Swanepoel in ons span te hê.”

“Fortuin speel die afgelope paar seisoene in die Warriors-franchise en is as een van Suid-Afrika se beste kolwers geoormerk toe hy in die 2012 tot 2013-seisoen, ’n uitsonderlike reeks vir die SA o/19-reeks teen Engeland, gehad het.

“Swanepoel, ‘n belowende bouler, het verlede seisoen sy debuut vir die Vrystaat gemaak, nadat hy 17 paaltjies in vyf wedstryde geneem het,” sê Triegaardt.

“Die ervare Aubrey Swanepoel is aangewys as die kaptein van die Noord-Kaapse groep , wat ook die o/19-speler, Andrew Louw, insluit.”

Tuisveldvoordeel

Triegaardt sê hulle het tuisveldvoordeel en sien uit na die T20-kompetisie. “Ek wens regtig die ondersteuners sal die seuns kom ondersteun.

Hier is die spelers:

1 Swanepoel Aubrey
2 Fortuin Clyde
3 Snyman Jacques (Gerrit)
4 Mohale Kagisho
5 Swanepoel Beyers
6 Sayanvala Farhaan
7 de Koker Desmond
8 Pienaar Obus
9 Kruger Patrick
10 Baartman Ottneil
11 Schraader Blake
12 Maupa Temba
13 Louw Andrew

Naweekprogram

Vrydag, 13 September: Boland vs EP (Diamond Oval, 09:30),

SWD vs KZN Inland (Country Club B, 09:30),

EP vs KZN Inland (Diamond Oval, 13:30),

Northern Cape vs Boland (Country Club B, 13:30)

Saterdag, 14 September: Northern Cape vs KZN Inland (Diamond Oval, 09:30),

EP vs SWD (Country Club B, 09:30),

Northern Cape vs SWD (Diamond Oval, 13:30),

KZN Inland vs Boland (Country Club B, 13:30)

Sondag, 15 September: Boland vs SWD (Diamond Oval, 9:30),

Northern Cape vs EP (Diamond Oval, 13:00)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: