Amy’Leigh glo by vulstasie afgelaai

Foto: Facebook Amy'Leigh en haar ma, Angeline.

VANDERBIJLPARK. – Amy’Leigh de Jager is in die vroeë oggendure hier gekry.

Brig. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, kon slegs bevestig Amy’Leigh is veilig en ondergaan mediese ondersoeke. Sy is ongedeerd.

Louise Horn, familiewoordvoerder, sê op haar Facebook-blad sy het duisende navrae en boodskappe oor Amy’Leigh gekry.

Dankie Here

“Dit is onmoontlik om elkeen te antwoord. Maar namens Wynand en Angeline, myself en al die familie – baie dankie vir elke liewe knieg wat saam met ons gebuig het, trane wat soos riviere gestroom het en elke woord van moed.
Die hartseer en vrees kan nie in woorde beskryf word nie.
Die liefde van vreemdelinge en opregte omgee laat ons sprakeloos.
Ek het die voorreg gehad om Amy’Leigh vroegoggend te kon vashou en soen. Haar glimlag het van voor af my hart gesmelt. Ek sê dankie Here en ek voel met my hele wese hoe ek dit bedoel. Onskuldige kindertjies verdien nie die hartseer nie. Jammer vir die mense wat die lelike comments gelos het, ons bid vir julle. Haar mamma en pappa is deur ‘n hartseer wat jy nie deur die dood self kan beleef nie, vrees vir wat hulle met jou kind doen.
Wynand, Angeline, Amy’Leigh en Jayden sluit ‘n nare hoofstuk af en mag die Here gee dat hierdie goddelose mense gevang word en kry wat hulle toekom. Dankie vir die media en spesifiek Quentin wat met onmiddellike meegevoel en liefde gehelp het. Dankie Here Jesus Christus vir ons wonderwerk-einde. 🙏🏻 Amy’Leigh jy is braaf en Lalla lief jou met my hele lewe.”

“Sy wou nie hulle kos eet of water drink nie”

Luidens die Facebook-groep, Vermiste Amy’Leigh Amy’Leigh, wat gister gestig is nadat sy na bewering voor haar skool ontvoer is, is Amy’Leigh vanoggend omstreeks 02:30 in Shakespearestraat, Vanderbijlpark, afgelaai. “Hulle het vir haar ‘n geldjie gegee en gesê sy moet vir haar ‘n watertjie gaan koop. Sy wou nie hulle kos eet of water drink nie.

In straat hoor huil

“‘n Paartjie het haar in die straat gehoor huil en met haar na die polisiestasie toe geloop. Wynand (die pappa) was buite en die volgende oomblik sien hy hulle aangeloop kom. Amy’Leigh is hospitaal toe geneem en ons is dankbaar om te sê dat sy ongedeerd is. Al wat sy wou hê, was ‘n burger en haar boetie. Sy is fine, ons is baie dankbaar! Dankie vir almal wat ons bygestaan het.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *