HNK se seunspan wen hokkieliga 13 agtereenvolgende jaar

KIMBERLEY – Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se o/19A seuns eerste hokkiespan het Vrydag vir die dertiende agtereenvolgende jaar die Noord-Kaap hokkieliga by die Kimberley Astro in Cassandra gewen.

HNK het Hoërskool Upington (Uppies) 2 – 0 in die semifinaal geklop.

Shoneez Henderson, HNK-hokkiespan se grootste ondersteuner, sê die kwik het gestyg toe die twee topspanne, naamlik HNK en Hoërskool Diamantveld, mekaar in die finaal gepak het.

Sy sê die spel was vol energie en uit die boonste rakke. Ten spyte daarvan dat HNK net 10 spelers vir die grootste deel van die spel op die veld gehad het, het dit nie die gees van die span gepootjie nie. HNK het hulle harte uitgespeel en Diamantveld 4 – 0 in die finaal gewen.

Dit was sewe HNK-matrikulante se laaste hokkie-wedstryd vir die skool en hulle word vir hulle bydrae bedank.

Die sewe spelers is:

  • Kopano Montwedi
  • Raiz Campbell
  • Ian Maritz
  • Ryan Isaacs
  • Sicelo Bitterbos
  • Ashwin Parker
  • Chesle van der Ross

Henderson sê sy het oor die jare baie min wedstryde gemis en het duisende foto’s van die opwindende avontuur geneem. Op 20 Julie het dieselfde span die Wesgro Sentraal-liga by Kovsies in Bloemfontein gewen toe hulle Diamantveld 2 – 1 geklop het.

Sy sê die span se sukses is danksy die twee afrigters, Desmond de Koker en Chaswin Parker se toegewydheid wat vir die dertiende agtereenvolgende jaar vir ’n oorwinning gesorg het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: