Inwoner skiet voëltjies vir projek

FiND iT het klagtes ontvang oor die onnodige skietery van voëltjies in Cassandra. Volgens gerugte word daar elke dag voëltjies geskiet, hul borsies met ‘n lemmetjie oopgesny en in ‘n boek geplak. Die oorskot word dan vir die inwoner se honde gevoer.

FiND iT het gaan ondersoek instel en met die inwoner, wat anoniem wil bly, gesels. Hy het erken dat hy en sy kleinseun wel voëls geskiet het en in ‘n boek geplak het as deel van die kleinseun se projek. Hulle het verskillende soorte voëls geskiet vir die projek en noudat hulle versamelig volledig is, is die skietery gestaak.

FiND iT het ons leser op Facebook gevra hoe hulle voel oor die skiet van voëls vir sport. Lesers was ontsteld en voel dit is uiters wreed en siek.

Daar is tans geen wet teen die skiet van voëls in die omgewing nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *