Omheinings van perseel wat voorheen aan Petra Diamonds behoort het, teruggekry

KIMBERLEY. – Vyf bondels omheinings en 31 staalpale, wat vermoedelik by ‘n perseel wat voorheen aan Petra Diamonds behoort het, gesteel is, is teruggekry.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê sewe mans is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde goedere, asook die besit van dwelms.

“Die blitspatrollie van die Kimberley-polisie het Woensdag dié mans by Diamond Park in hegtenis geneem.”

Gamieldien sê twee plakkershutte is deursoek en vier van die verdagtes, onderskeidelik 25, 26, 28 en 56, is vir die besit van Mandrax-tablette en sakkies dagga, in hegtenis geneem.

“Die polisie het voortgegaan met klopjagte en het nog drie persone, tussen 25 en 30 jaar oud, in hegtenis geneem. Hulle is aangekla van diefstal van vyf bondels omheining en 31 staalpale.”

Dit is vermoedelik by die perseel wat voorheen aan Petra Diamonds in Greenpoint behoort het, gesteel. “Die polisie het ook op ’n skootrekenaar en Nokia-selfoon beslag gelê.”

Dié goedere is vermoedelik ongeveer R42 000 werd.

Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms en besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Foto: Die polisie by van die verdagtes.
Foto: Rolle van die vermoedelik gesteelde omheinings.
Foto: Vermoedelik gesteelde pale.
Foto: Die skootrekenaar waarop beslag gelê is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *