Tafellager Griekwas oortuig met goeie sege oor Leeus

KIMBERLEY. – Die Tafellager Griekwas het Saterdag gewys dat hy wel saam met die groot honde kan blaf deur die Leeus XV oortuigend met 45-26 te wen. Wat die oorwinning soveel soeter maak, is die vooruitsig van die een semi-finaal wat Sondag in Nelspruit plaasvind. 

Taamlik gedomineer

Dié omgekrapte span van Kimberley was sommer van meet af in beheer en het veral in die vaste fasette spel taamlik gedomineer. Omgekeerde besit het ook verseker dat hulle met tye die bal wyd kon speel, wat telkemale tot goeie breekslae en drieë gelei het. 

Griekwas kon ook daarin geslaag om meer balbesit in die tweede helfte te beheer wat met tye die Leeus verhoed het om werklik aan die gang te kom.

Enigste prioriteit

Griekwas se breier is geen onbekende in Nelspruit nie en alhoewel Brent Janse van Rensburg moontlik die einste span van Nelspruit naamlik die Pumas in die eindstryd van die Supersport reeks kan trotseer, is Sondag teen WP nou die span se enigste prioriteit.

Janse van Rensburg sê alhoewel die Griekwas oortuigende drieë kon druk uit sy vaste spel, was daar wel bekommernis oor die manier waarop hy verdedig direk nadat daar punte aangeteken is. “Hierdie is uit die aard van die saak ‘n aspek wat ons aandag verg,” sê Van Rensburg. “Ons weet WP hou daarvan om die bal wyd te speel, juis oor hulle soveel spoed op die punte het en dit is iets wat ons fyn sal dophou. Semi-finale en finale word anders benader as die uitspeelrondtes, maar daar is ‘n positiewe gees onder die spelers en die energie is aansteeklik.  Saterdag is reeds iets van die verlede en ons gaan net bou op die goeie vertoning teen die Leeus”, voeg hy by.

Voorbereiding verg dissipline

“WP behoort ‘n omgekrapte span te wees nadat hulle in die doodsnikke teen Boland in Floridapark verloor het. Hierdie week se voorbereiding verg uiters goeie dissipline en iets wat ons net so wil oordra na die naweek se kragmeting. “Ons het te veel foute by die afbreekpunte gemaak en daardeur toegelaat om die Leeus hardloopkans te gee,” sê Van Rensburg verder. Van Rensburg is ook trots op die manier waarop sy span fases kon afdwing wat later omgeskakel is in punte, maar sê dat hulle meer gefokus sal wees vir Sondag.

“Die Leeus-wedstryd is egter iets van die verlede en ons fokus nou net op die WP.”

In die ander semi-finaal speel die huidige kampioene die Pumas teen Boland.

FiND iT hou jou op hoogte van al die aksie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: