Mnr. en Mej. Addie-finaliste

Hoërskool Adamantia se kroningsaand vind op 23 Augustus 2019 plaas. Hier is twee van dié jaar se Mnr. en Mej. Addie-finaliste.

Angelique Bekker

“Ek het ingeskryf omdat ek graag die wêreld ’n beter plek wil maak. Ek wil graag elke mens in die wêreld laat spesiaal voel,” sê sy. “Ek hou baie van netbal, want dit laat my nader aan my vriende en onderwysers voel. Ek glo ook dat ’n gesonde liggaam ’n gesonde gees huisves. Ek hou daarvan om mense te laat lag. As mense glimlag, glimlag ek ook.”

Volgens Angelique is haar pa haar rolmodel. “Hy is altyd braaf en sterk. My pa doen alles wat hy kan vir ons en dit is wat my meer as gelukkig maak. Hy is definitief my held.”

Dillin Kruger

“Ek is ’n 17-jarige krulkopseun en is mal daaroor om kos te maak. Dit is een van my grootste passies. Ek is ’n hardwerkende persoon en my uithouvermoë is net soos dié van my rolmodelle, juffrou Tanya Jordaan, juffrou Ada Rheeder en meneer Hentus Jordaan,” vertel Dillin.

“My passie om ander te help en om vir die gemeenskap terug te gee, het begin tydens my eerste landsdiens-byeenkoms en van daar help ek waar ek kan. Dit is hoekom ek ingeskryf het vir Mnr. Addie.”

Hy beskryf homself as ’n ekstrovert met ’n lewendige persoonlikheid. “Ek hou daarvan om mense te laat glimlag en elke dag te groei in wie ek is.”

Kry jou kaartjies

Kaartjies na die kroningsaand sal vanaf die derde kwartaal beskikbaar wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *