18 Jaar vir verkragter

NOORD-KAAP – Die Noord-Kaapse provinsiale SAPD-bestuur verwelkom die 18 jaar tronkstraf wat aan ‘n 20-jarige verkragter, Crayton Manus, opgelê is.

Crayton word daarvan beskuldig dat hy ‘n 15-jarige meisie in Maart 2018 verkrag het. Op die dag waarop die misdaad gepleeg is, het die beskuldigde saam met die slagoffer op die Droërivier gekuier. Later die aand het die slagoffer besluit om huis toe te stap toe Crayton haar gryp en op die grond neergegooi het. Hy het haar herhaaldelik verkrag.
Hy was in aanhouding vandat hy in Maart 2018 gearresteer is totdat hy vroeër vandeesweek gevonnis is. Crayton is op Maandag 27 Mei 2019 skuldig bevind en deur die streekhof in Calvinia gevonnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *