Arnold Classic International Invitational karate-kampioenskappe 2019

Foto's: Verskaf

Agt SAPD-lede van die Noord-Kaap, Gauteng en Wes-Kaap het die Arnold Classic International Invitational karate-kampioenskappe in Johannesburg, Suid-Afrika, bygewoon. Die kompetisie het tussen 17 en 19 Mei 2019 by die Sandton-konvensiesentrum plaasgevind en het ongeveer 600 deelnemers vanaf die ouderdom van 6 tot 60 jaar getrek.

Van die Noord-Kaapse SAPD het lt.-kol. Shadrack Vava brons in beide die Kata en Kumite-kategorieë ontvang, terwyl kol. Sam Nkosi silwer vir Kata en brons vir Kumite ontvang het. Die SAPD-span het altesaam agt medaljes -twee goud, drie silwer en drie brons – by die kampioenskap ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *