Man vir bedrog met wild steeds in aanhouding

Foto: Facebook

Michael Cockburn, ’n wildjagter van Kimberley, het Donderdag 23 Mei 2019 in die landdroshof op Aberdeen verskyn vir bedrog.

Cockburn is Maandagaand (20 Mei 2019) in Kimberley in hegtenis geneem. Die klagtes hou na bewering verband met bedrog met wild wat in die Aberdeen-area plaasgevind het.

A.o. Naudé Fryzenburg, van die Aberdeen-polisie, het bevestig dat Cockburn se saak uitgestel is vir die formele borgaansoek. “Hy gaan 30 Mei 2019 weer in die landdroshof op Aberdeen verskyn. Cockburn gaan redes moet gee hoekom hy vrygelaat moet word. Hy is steeds in aanhouding.”

“Die klaer wou wild by Cockburn koop en het reeds die deposito betaal, maar het nie sy wild ontvang nie. ’n Lasbrief is toe uitgereik om Cockburn te arresteer nadat hy die geleentheid gegee is om homself oor te gee.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *