Google kanselleer Huawei se Android-lisensie

Ng Han Guan | AP

Huawei moet nou op ’n oop bron weergawe van Android staatmaak. Huidige model Huawei-slimfone word nie geraak nie, maar hoe dit toekomstige modelle en opgraderings gaan beïnvloed, is nog onduidelik.

Dit volg nadat ’n hofbevel deur die US Commerce Department die maatskappy op die ‘Entity List‘ geplaas het. Volgens Reuters lys die ‘Entity List’ besighede wat nie toegelaat word om tegnologie van Amerikaanse maatskappye sonder toestemming van die regering aan te koop nie.

Huawei China het in ’n persverklaring gesê hulle het ’n groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling en bevordering van Android regoor die wêreld. “As een van die sleutel globale rolspelers en vennoot van Android, het ons met behulp van Google se oopbron-platform ’n ekosisteem gebou wat beide die verbruikers en die industrie baat. Huawei sal nog sekuriteit-opgraderings en naverkopediens aan alle Huawei- en Honor-slimfone en tablettoestelle wat verkoop is en wat nog in voorraad is, lewer. Ons sal voortgaan om ’n veilige en volhoubare ekosisteem te bou om die beste ervaring vir verbruikers wêreldwyd te skep.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *