Griekwas vs. Blou Bulle

Die Tafel Lager Griekwas en die Blou Bulle pak mekaar Saterdag 18 Mei om 14:30 in Kimberley by die Tafel Lager Park.

Sedert die seisoen begin het, is die Griekwas onoorwonne met vyf wenne in die sak.

Brent Jansen van Rensburg, hoofafrigter van die Tafel Lager Griekwas, sê hulle sien uit om weer op hul tuisveld te speel. “Die spelers is opgewonde vir ‘n tuiswedstryd.” Die poubloues se vorige twee wedstryde was in Welkom en Namibië.

Brent Janse van Rensburg

 “Ons beskou die Bulle as ‘n baie sterk span sedert van die Super Rugby-spelers weer terug is in die span. Hulle is verseker ‘n sterker span as drie weke gelede.”

Volgens Brent is spelers soos Jade Stighling, JT Jackson, Tim Agaba, Travis Ismaiel en Ruan Steenkamp van hulle grootste kompetisie vir die wedstryd en dus onderskat hulle nie die Bulle nie. “Ons neem die wedstryde baie ernstig op.”

Voorts sê Brent die Tafel Lager Griekwas se hoofdoel is om vir die volle 80 minute gefokus te bly op die wedstryd. “Ons gaan fokus op die Bulle se sterk punte. Hulle kan die bal maklik laat vloei na die regte die punte en die Bulle is ook bekend vir hulle up en under. Dus gaan ons vleuels en heelagter op hulle plek moet wees.”

Maar, die belangrikste van alles is dat die Griekwas opdaag. Hulle gaan te alle tye in fokus moet wees. Dit moet ‘n 22 manne-poging wees,” voeg Brent by.

Dus moedig hy die Kimberliete aan om die Tafel Lager Griekwas te kom ondersteun. “Elke toeskouer, elke skree van die pawiljoen maak ‘n verskil.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *