Eerste groep flaminke suksesvol by Kamfersdam-kolonie geïntegreer

Doug Harebottle

Dit is byna ’n week sedert ongeveer 50 flaminke by Kamfersdam vrygelaat is. Die groep (1.67%) maak deel van ongeveer 3000 flaminkkuikens wat
vroeër vanjaar gedurende die droogtetyd by Kamfersdam gered is.

“Die eerste groep flaminke doen goed. Meeste het met die hoofgroep asook die jong flaminke integreer,” verduidelik Doug Harebottle op sosiale media na sy besoek aan Kamfersdam.

Mike Bolhuis, ’n privaat ondersoeker van Pretoria, sê: “Die eerste vrylating is net ’n toets om die logistieke van die groot vrylating wat vir die week van 20 Mei geskeduleer is, te beplan.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *