100 zama-zamas oortree op Ekapa-myn, 3 in hegtenis geneem

Ongeveer 100 zama-zamas het omstreeks 10:30 op 14 Mei die perseel van Ekapa-myn op die R64 binnegeval.

“’n Konfrontasie tussen die onwettige myners en die mynsekuriteit het uitgebreek. Sekuriteitsbeamptes van die myn het rubberkoeëls afgevuur om die betogers uiteen te jaag. Na bewering is ’n vragmotor van Ekapa in Greenpoint, 10 km vanaf die hoofhek van die myn deur ontwettige myners aan die brand gesteek,” aldus brig. Mohale Ramatseba, hoof van kommunikasie vir die polisie in die Noord-Kaap.

Voorts sê hy: “Ongeveer 12:00 het die betogers probeer om die R64 na Boshof te versper. Polisiebeamptes en polisievoertuie is met klippe gegooi. Een van die voertuie se windskerms is beskadig.”

“Drie verdagtes is vir oortreding en kwaadwillige beskadiging van eiendom in hegtenis geneem. Lede van die taktiese reaksiespan (TRT) asook die eenheid vir openbare orde (POPS) en sigbare polisie (VISPOL) monitor die sitsuasie,” sluit Ramatseba af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: