Klein oorlog tussen zama-zamas, polisie en mynsekuriteit

Daar is ‘n groot polisieteenwoordigheid op die Boshofpad (R64) by die Rooifontein-afdraai na zama-zamas vanoggend omstreeks 11:00 op 14 Mei die hoofingang van die myn met klippe versper het.

Skote het ver in die agtergrond op die gronde van die myn gedreun toe FiND iT op die toneel was. Verskeie departemente van die polisie asook paramedici was teenwoordig.

Gebruikte haelgeweerpatrone het vanaf die hek by die ingang tot op die hoofpad gestrooi gelê.

’n Tweede vragmotor van Ekapa-myn is ongeveer op dieselfde tyd in Woodburnestraat in Greenpoint uitgebrand. Lees meer hier. FiND iT hou jou op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: