Vermeulens spring in om pad te herstel

Romano Jansen, Dawid Jonkers en George Klapan van Vermeulens-hardeware het op 4 Mei die pad onder die brug naby Kenilworth reggemaak.

“Dis nou wel gruissand wat gebruik word om die paaie te vul, maar dit is ‘n 200% beter poging as wat die plaaslike munisipaliteit doen,” het Marius Prinsloo op Facebook geskryf.

Dankie Vermeulens

Hy bedank Vermeulens-hardeware vir hulle omgee en die feit dat hulle as maatskappy in die besigheidsektor eienaarskap neem waar die plaaslike regering faal.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *