Meghan en Harry se baba gebore

Meghan Markle, die hertogin van Sussex, het Maandagmiddag geboorte geskenk aan haar en prins Harry se eersteling. Die baba, wat nog nie ’n naam het nie, weeg volgens BBC 3,2 kg.

Die Buckingham-paleis het die geboorte van die baba, sowel as die geslag en die gewig bekend gemaak.

Luidens ‘n verklaring deur die paleis vroeg in April wil Harry en Meghan eers as gesin tyd saam deurbring voordat hulle die kleinding aan die media wys.

‘n Verslaggewer en fotograaf sal twee dae na die geboorte na Frogmore Cottage toe gaan vir ‘n kort onderhoud en fotosessie.

Harry en Meghan se baba is die sewende aanspraakmaker op die troon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: