“Dit word veroorsaak deur rook, maar ek rook nie”

Cindy Venter (42) het met skok uitgevind sy het analeweefselkanker en het haar storie met FiND iT gedeel.

Dit het begin by ’n pynvolle knop

“Ek was 41 toe ek uitvind ek het analeweefselkanker. Ek het ’n pynvolle knop op my boud gekry, maar het dit probeer ignoreer, omdat ek bang is vir hospitaal toe gaan. Toe raak my ystervlakke so laag dat ek permanent moeg was. Ek kon niks doen nie, anders het ek flou geword,” verduidelik sy.

Sy vertel hoe sy toe maar besluit het om die dokter te gaan besoek. “Hulle het ’n biopsie gedoen en ’n rare analeweefselkanker ontdek, wat gewoonlik veroorsaak word deur rook. Ek rook glad nie.”

Behandeling

“My behandeling het vier dae se chemo ingesluit met drie weke se breuk intussen en dan weer vier dae se chemo. Ek is toe Bloemfontein toe en kry nou hier ook chemo, asook 30 bestralingsessies,” vertel sy. “Ek kry dus vir die volgende sewe weke elke dag bestraling.”

Nagevolge van die bestraling

“Die bestraling is baie sterk, daarom gaan ek later ‘n heupvervanging ook moet kry.”

Wat haar laat aanhou

Cindy sê haar kerk en geloof gee haar elke dag die nodige krag om aan te gaan. “My man en familie dra my elke dag hierdeur.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *