Pieter Rossouw, oud-Bok en afrigter van Paarl Gim, se voorspelling oor eindstryd teen Grey.

Pieter Rossouw (47) voormalige rugby speler asook hoof afrigter van die Paarl Gimnasium rugbyspan gesels oor sy rugby passie. 

Waar vandaan?

Pieter Rossouw sê hy is oorspronklik van die Paarl af en was self daar, by Paarl Gim op skool. Hy het in 2016 by die skool as hoofafrigter begin waar hy tans in sy 4de jaar van afrigting besig is. Voor sy loopbaan as afrigter by Paarl was hy self ‘n bekende rugbyspeler.

As hoof afrigter.

As hoofafrigter van die eerste rugbyspan, is Pieter se werk die aanstellings en opleiding van al die rugbyafrigters by die skool. Sy raad aan jong rugby spelers is:“As jy dit kan droom, kan jy dit bereik.”

Wildeklawer toernooi

Sy span pak vanmiddag die Grey eerste span op Diamantveld se A veld. “Dit gaan ‘n harde wedstryd wees, ‘n baie mooi een en definitief een om te kyk.” Hy is ook van mening dat die Wildeklawer toernooi ‘n absolute top toernooi is waar die beste skole kom deelneem. “Dit is altyd lekker om hier te wees, ons geniet dit baie.”- Joane Groenewald

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: