Vermis vanaf 26 Januarie 2019

Ntombizodwa Marriam Malgas

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om Ntombizodwa Marriam Malgas (66) op te spoor. Sy is op 26 Januarie 2019 by die Galeshewe-polisiekantoor as vermis gerapporteer.

Malgas is laas op Saterdag 26 Januarie 2019 by Santa-sektor C, waar sy ’n begrafnis bygewoon het, gesien.

Sy is laas gesien in ’n swart-en-wit rok met strepe, skoene en ’n bruin hoed.

Sy is gemiddeld gebou, donker van gelaat met ’n breë neus en het swart en grys hare.

Enigeen wat inligting het oor waar sy is, word versoek om die ondersoekbeampte en speurderbeampte, Christopher Botha, by die SAPD in Galeshewe by 082 469 0212 te kontak.

Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *