Verkragter kry 10 jaar in Kimberley-streekhof

Adj.-sers. Agretha Claasen

Die polisie in die Noord-Kaap verwelkom die suksesvolle vervolging en vonnis van Olebogeng Moganise (26).

“Die beskuldigde het ongeveer 21:00 op 28 Oktober 2017 toegang tot die woning van ’n vrou (30) in Galeshewe verkry. Die slagoffer was besig om te slaap toe die oortreder haar verkrag het. Die beskuldigde is bekend aan die slagoffer, daarom is hy dieselfde aand in hegtenis geneem,” verduidelik kapt. Sergio Kock.

Die provinsiale hoof van die GKS,  brig. Nicky Mills, het adj.-sers. Agretha Claasen by die Galeshewe-GKS en omliggende gebied vir uitstekende dienslewering bedank. “Die professionele ondersoek deur die ondersoekbeampte het verseker die oortreder boet vir sy gruwelike oortreding. Die polisie sal strewe om te verseker almal voel veilig,” sluit kapt. Kock af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *