“Ons is baie trots” – Carin Strauss van Garsfontein

Carin Strauss (54), al 30 jaar netbalafrigter en netbaldirekteur van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, het met FiND iT gesels terwyl haar spelers opgewarm het.

Eerste jaar by Wildeklawer

“Dit is ons eerste jaar dat ons deelneem aan die Wildeklawer-toernooi. Ons het laasjaar in die top vyf geëindig en om vanjaar uitgenooi te word om deel te neem, is vir ons ’n baie groot geleentheid. Ons het hard gewerk en ons is baie trots om hier te kan wees,” verduidelik sy.

Grootste kompetisie

Sy sê ook al die skole wat betrokke is by hierdie toernooi is sterk spanne. “Affies en Menlo Park is baie sterk spanne, maar eintlik kan ek hulle nie uitsonder nie, want almal hier is sterk spanne en is ons kompetisie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *