Ontmoet Hannes Nienaber van Digi TV

Hannes Nienaber (33) vestig homself vir die afgelope 18 maande in die Jakaranda stad as mede eienaar van DigiTV. “Ek het nog altyd gesê rugby het my gekies, nie ek rugby nie.”

Wie is Hannes?

Hannes afkomstig van Douglas in die Noord-Kaap. Vertel dat hy nog altyd ‘n groot liefde en passie vir rugby gehad het en dat hy nog altyd by sport betrokke wou wees. Na hy sy hoërskool loopbaan by Die Hoër Tegniese skool in Kimberley voltooi het, was hy vir ‘n maande ‘n “koerant-drukker”, voordat hy vir die Son koerant begin skryf het. “Ek wou meer betrokke by rugby raak as om net te speel en het daarom begin om klubrugby vir Volksblad te skryf, wat ek vir vyf jaar gedoen het.”

Die oud-joernalis het vir ongeveer 2 jaar by Beeld koerant gewerk voordat hy besluit het dat hy sy eie ding wil doen.

DigiTV

Hannes en Danie du Toit het vroeg 2016 saam DigiTV begin. “Dit was ‘n groot proses om aan die gang te kry en dit het maat ‘n tyd gevat oom aan die gang te kom, maar 2 en ‘n half jaar later kan ons met trots se dat meer as 80 skole al by ons aangesluit het,” vertel Hannes met ‘n groot glimlag.

Wat is DigiTV

DigiTV is ‘n streaming platform waar gemeenskappe soos skole, kerke en besighede om hul eie inhoud via digitale TV-stasies in die wêreld in te stuur

Hoekom DigiTV?

Hannes vertel hulle wou graag die geleenthede skep vir ouers en oumas en oupas wat nie altyd sport- skoolbyeenkomste van die kinders kan bywoon nie. “Dit gee hulle die geleentheid om hulle kinders te kan sien al is hulle nie daar nie.”

DigiTV gee geleenthede

Volgens Hannes is Digi Tv ook ‘n platform om kinders wat op ander vlakke soos netbal, hokkie, kultuur en akademies presteer blootstelling te gee.

School of rugby

Vandag skooldae het Hannes gevoel dat grootser skole meer blootstelling kry wat sport veral rugby betref. “Ek het gevoel dat almal erkenning moet en ge eer moet word vir hulle prestasies. Dus het ek School of Rugby in 2007 begin om almal daai geleentheid te gee.”

School of Rugby het ook ‘n data bases wat mense die geleentheid bied om jare terug se wedstryde en tellings te kry.

Wildeklawer

Hannes vertel dat by sportgeleenthede soos wildeklawer geniet. “Wildeklawer saam met Cravenweek is seker van die voorste toernooie in die land. Die talent wat mens hier sien is great.”

Kimberley

Hannes wat self op sy dae ‘n flank of haker was, geniet dit om terug te kom Kimberley toe. “Dis altyd lekker om ou skoolpelle en onderwysers, wat ook my mentors was te sien. My ouers nog op Boshof, so dis lekker om weer ‘n paar aande in jou ouer huis te slaap.”

Hou FiND iT tydens die Wildeklawer dop waar ons julle op hoogte gaan hou met die uitslae asook die highlights van die dag se wedstyde, wat deur DigiTV gemaak word en op ons Facebook-blad gelaai word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *