Kry die beste van rugby en netbal by 2019 se Wildeklawer-skoletoernooi

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Wildeklawer-rugby- en netbalskoletoernooi. Die toernooi skop môre-aand 1 Mei om 17:30 by Hoërskool Diamantveld in Kimberley af.

“Voorbereiding is alreeds volstoom aan die gang by Hoërskool Diamantveld. Teen môre-oggend gaan hierdie velde wemel van die beste spelers van regoor Suid-Afrika,” sê Jandré du Plessis van Hoërskool Diamantveld.

Voorts sê hy: “Die openingseremonie begin 17:30 en die eerste wedstryd tussen die gasheerskool Diamantveld en Stellenberg vanaf Bellville skop om 19:00 af.”

Kom ondersteun en geniet die beste rugby en netbal in Kimberley wat net op Donderdag en Saterdag hier te siene gaan wees.

Hou FiND iT dop om op hoogte te bly van die resultate en spelers van die wedstryd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: