Cassandra weer in die donker

Die inwoners van Cassandra het vandag weer nie krag of water gehad nie, nadat kragkabels na bewering gesteel is.

Kragkabels weer gesteel

“Die kragkabels is weer gesteel en dit is dieselfde kragkabels wat so ‘n tydjie terug ook gesteel is,” bevestig Marie Beylefeld van die DA.

Sy sê ook die kabels is nog nie vervang nie en dat die inwoners steeds sonder elektrisiteit is. Sol Plaatje-munisipaliteit is tans nog besig om aandag daaraan te gee.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, is gekontak, maar geen kommentaar kon gegee word voor publikasie nie.

Foto’s: Verskaf deur Marie Beylefeld

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *