Bekommernis oor Duvenhagestraat

Inwoners in die Virgin Active-gebied het hulle bekommernis uitgespreek oor die bou- en tuinrommel wat die straat oorneem.

“Ons is amper klaar”

Shaun Rowan, die terreinbestuurder van die nuwe kompleks wat in Duvenhagestraat gebou word, het aan FiND iT verduidelik dat hulle die rommel reeds begin wegry het. “Al die rommel was binne die kompleks gehou, maar nou dat ons amper klaar is, moet dit uitgeskuif word. Ons ry dit dan van buite af weg omdat dit makliker bereikbaar is van buite af. Ongelukkig het van die gemeenskap die geleentheid raakgesien en ook hulle rommel hier kom gooi, wat dinge baie vererger het.”

Ry die vullis weg

“Ons het reeds ’n paar vragte weggery en behoort die area oor twee dae heeltemal skoon te hê.”


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *